Algemeen | |
---|---|
Naam | Maltose |
IUSTC-naam | 2-(hidroksimetiel)-6-[4,5,6-trihidroksi-2-(hidroksimetiel)oksan-3-yl]oksioksaan-3,4,5-triol |
Chemiese formule | C5H11O2N1 |
Molêre massa | 342.30 g/mol |
CAS-nommer | 69-79-4 |
Voorkoms | Wit poeier |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 160 tot 165 °C (watervry); 102–103 °C (monohidraat) |
Kookpunt | |
Digtheid | 1.54 g/cm3 |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Maltose, ook bekend as maltobiose of moutsuiker, is 'n disakkaried wat opgebou is uit twee eenhede van glukose wat met 'n α(1→4) binding aanmekaar verbind is. Die isomeer isomaltose het egter 'n α(1→6) binding. Maltose is die twee-eenheid lid van die amilose homoloë reeks - amilose is die hoof strukturele motief van stysel. Wanneer beta-amilase stysel afbreek, word twee glukose-eenhede op 'n slag verwyder, om maltose te lewer. 'n Voorbeeld van hierdie reaksie kom in ontkiemende sade voor, wat daartoe gelei het dat dit vernoem is na mout.[1] In teenstelling met sukrose, is maltose 'n reduserende suiker.[2]